Kobus Botha weather website: weather discussion forum

A discussion forum on weather- English or Afrikaans. Website: http://www.weatherphotos.co.za

Tips:1.How to send a message: click on "start a new Threat/Post". 2. How to include a photo: see Help no.6 on website:

http://www.weatherphotos.co.za/website-help.html

WEATHER SATELLITE PHOTOS OF SOUTHERN AFRICA

"board style"=default style: "threaded style"= reply messages are shown as well

Forum: Kobus Botha weather website: weather discussion forum
Start a New Topic 
   Board|Threaded
Author
Comment
sponsors

Geagte Kobus Botha
Jy het rerig n goeie site en soek heeltyd sponsors
maar dan moet jou goed ook net op datum wees !!!!

Dankie
Werner Verster

Email  
Re: sponsors

Hello Werner
Ek het deeglik kennis geneem van jou opmerking dat die webblad nie altyd opgedateer is nie. Ek neem aan jy verwys na die satelliet fotos wat die afgelope twee dae nie opgedateer was nie.Hierdie webblad, is sover bekend, die enigste weer webblad in die wereld(uit 'n beraamde 75 miljoen)wat hierdie fotos publiseer- in my geval nou 7 keer per dag. Die kompleksiteit van die fotos(ek ontvang my eie fotos met my eie skottels- die enigste in Afrika) en om dit op te dateer is sodanig dat sommige van die sagteware teen reuse koste spesiaal in die UK vir my geskryf is. Geen ander weer webblad het nog hiervoor kans gesien nie. Selfs Eumetsat se fotos is by tye vir dae af! Ek is nou met vakansie en 'n IT spesialis waak oor alles by my huis- teen groot kostes. Die fotos is 'n uur gelede opgedateer.
Indien ander persone soos jy voel dat my webblab nie opgedateer word nie- laat weet my hier asb. Dan maak ek die webblad permanent toe en is al my probleme opgelos.
Groete- Kobus.

Email  
Re: sponsors

ek lees wat Werner te se het en is van mening dat hy nie besef het dat jy, man alleen, die hele webblad bedryf.

dit wil my voorkom, en dit is net my mening, dat Werner dalk kla van hongerte terwyl hy staan met 'n brood onder die arm.

daar is baie van ons wat jou harde werk en toewyding waardeer en dit sou 'n jammerte wees as jy dan wel besluit om die webblad toe te maak.

in elk geval sterkte

groete

elvina

Re: sponsors

Hello Elvina
Ek sal dit nooit toemaak nie- al se wie ook wat. My webblad is my plesier en dit is vir my wonderlik om 'n diens aan duisende mense te lewer. Dankie vir jou bydrae.
Groete- Kobus.

Email  
Re: sponsors

Sjoe maar julle is kwaai.
Ek wou rerig niemand ontstel nie
ek geniet die site so verskriklik dat as hy nie op datum is nie weet ek nie hoe om my dag te beplan nie
WEEREENS JAMMER

Mag die Here julle seen !!!!!!!!!!!

Werner Verster

Email  
Re: sponsors

Hello Werner
Geen probleme nie! Ek weet dat jy die webblad geniet en gebruik. Die webblad het hierdie week die 3 miljoen merk vir hierdie jaar(en daar is nog 4 maande oor) verby gesteek- dus nou 6,1miljoen vir 20 maande- glad nie sleg nie.
Ek waardeer jou brief regtig baie- moet asb. nie sleg voel nie. Dankie ook vir die pragtige woorde
God's rykste seen aan jou en jou familie.
Groete- Kobus.
NS: Ek gaan tog 'n aparte brief skryf oor die opdatering van my webblad en hoe dit werk- dan verstaan almal dit.

Email  
Re: sponsors

Dis goed u noem daardie syfers. U moet dit wyer bekendmaak!
Obviously weet die reklame-agentskappe dit glad nie.
Moontlik is dit die site met die meeste trefslae in RSA, of vanuit die RSA.
Ek is seker geen koerant of tydskrif kom daar naby nie.

Email  
Get your own FREE Forum today! 
Report Content ·  · Counters & Site Stats   Online Photo Albums   Free Guestbooks   Free Web Tools 
powered by Powered by Bravenet bravenet.com