Kobus Botha weather website: weather discussion forum

A discussion forum on weather- English or Afrikaans. Website: http://www.weatherphotos.co.za

Tips:1.How to send a message: click on "start a new Threat/Post". 2. How to include a photo: see Help no.6 on website:

http://www.weatherphotos.co.za/website-help.html

WEATHER SATELLITE PHOTOS OF SOUTHERN AFRICA

"board style"=default style: "threaded style"= reply messages are shown as well

Forum: Kobus Botha weather website: weather discussion forum
Start a New Topic 
   Board|Threaded
Author
Comment
Mid - Vrystaatse droogte

Die hele land is vrot gereen, maar in die middel is daar n kol wat desperaat droog is, in die Modderrivier se opvangsgebied. Dis tussen Brandfort, Bultfontein, Soutpan en Dealsville. Kyk byv. op DWAF se web waar die Krugersdrifdam tans op 10% vol geplaas word terwyl al die ander damme goed lyk. Julle weer-ouens moet so bietjie kyk wat julle aan die situasie kan doen!

Email  
Re: Mid - Vrystaatse droogte

middag
ek kan dit amper nie glo nie - Johannesburg was 'n kort tyd gelede so nat my plante het begin omval en hier se jy dat julle nie water het nie - hoe is dit moontlik?
daar was 'n "weer omie" op die tv wat altyd gese het "reen plek plek" en dit lyk nie of jou plek die regte plek is nie
miskien moet jy maar my tuin kom omploeg en mielies daar plant
groete
elvina

Email  
Re: Mid - Vrystaatse droogte

Die weer-ouens het darem al op die noodroep reageer. Ons het intussen 10mm gekry oor die afgelope 2 dae. Verder lyk dit nog soos in die winter hier.

Email  
Re: Mid - Vrystaatse droogte

Ek geniet die site vreeslik dit help om my hengel uitstappies te reel. Ek is jammer oor die min reen,al wat ek kan doen is om vir julle area te bid. Liewe Jesus help graag, n mens moet net kan hoop en glo
Kyk dus uit vir lekker goeie reen
Baie dankie
Werner Verster

Email  
Re: Mid - Vrystaatse droogte

Werner,
Die Modderrivier se kuile is propvol tot by Lombardsdrif en die Bultfonteinpad se brug. Saterdagnag kon ons hoor die Lombardsdrif-weir begin oorloop - die naglug dra die naggeluide nogal ver oor die vlaktes. Effe van die groen hiasinte- goed op die water, maar waar dit vasdruk hang net van die windrigting af.
Die babers byt nou - grotes! Veral op platannas.
En daar's allerhande tipes visvangers, veral bontvisvangers, malechites en selfs so hier en daar 'n verdwaalde visarend. So daars baie vis.

Email  
Re: Mid - Vrystaatse droogte

Wonderlik! ek hoop dit reen sommer genoeg dat al die hiasinte wegspoel, ek ken nie die area nie maar sal graag daar kom visvang
Prys die Heer vir die reen
Gaan geseend
Werner

Email  
Re: Mid - Vrystaatse droogte

Die Modderrivier bo (voor) Krugersdriftdam loop sedert gister redelik. Seker so 15cm oor die Soetdoring-weir net voor die dam.
Ideaal vir die vliegvisvangers.
Waarskynlik die afloop van eergister se reen or Glen en Bloemfontein. Dit neem die reenwater so 24 uur om die nagenoeg 40 km (dalk verder met die rivier kronkels) vanaf Bloemfontein tot die bolope van die Krugersdriftdam by Lombardsdrif af te le.

Email  
Re: Mid - Vrystaatse droogte

Mistigheid vanmore op die rivier wat 'n seker aanduiding is dat die vog en reen eers verby is.
Steeds geringe invloei in die dam na reen hoer op.
Kol - kol gereen, maar die droogte duur voort met so 3, 4,5mm ens wat in die omgewing geval het

Email  
Re: Mid - Vrystaatse droogte

Rivier het nou opgehou loop maar die kuile en weirs bo die dam is vol - so dit gaan oraait met die besproeingsboere. Egter teenoorgestelde onderkant die dam, want die gevolg kom eers regtig met die lente se watertekort wat dalk voorle. Dis nou boerestress.
Intussen lyk die veld in die omgewing soos in die winter, en die beeste se kondisie val - veral die koeie met kalwers. ons hoop en bid maar vir los buie in die week.

Email  
Re: Mid - Vrystaatse droogte

Van die los buie het nou die "vetkol" (soos my buurman dit stel) begin tref. Gisterlaatmiddag gelyk of dit wyd in ons omgewing reen. Self het darem 'n duim gehad so op die "wintersveld". Hoop ons gaan nog groei kry voor April se eerste ryp.
Modderrivier se Soetdoringweir loop so liggies oor - so'n effe invloei in die dam wat steeds staan op 10.5%
Interessant dat die reen en algemene vogtigheid weer saamval met donkermaan.

Email  
Re: Mid - Vrystaatse droogte

Dwaf se die Krugersdrift is 12%, terwyl Rusfontein hoer op nou 37% is. Bo Krugersdrift is die kuile nog vol, maar die manne pomp!
My reen vir die seisoen lyk so:
Sept '07:65mm
Okt :97
Nov :38
Des :40
Jan '08 :14mm
Feb :43
Mrt :42
So 'n goeie voorjaar, maar in die grasgroei-tyd te min. Dis 339mm so ver in 'n 500mm gebied.

Email  
Re: Mid - Vrystaatse droogte

Nog so 31mm gesifreen sedert Vrydag. Regte eendeweer.
So dis al 70mm vir Maart!
Maar die rivier syfer net so effe oor die walle van die weirs, wat wys die reen trek in en loop nie af nie. So die dam kry weinig invloei - wat ook toon dis nie swaar reen oor Bfn nie.
Ons kort so 'n opgeskote vloedjie!

Email  
Re: Mid - Vrystaatse droogte

Ons het toe die vloedjie gekry met die rivier wat van Vrydag af begin oorloop het oor die keerwalle, en van Sondag af sommer stewig vloei.
Het probeer met die kayak op die waters maar was net te sterk vir rustig roei - sal mens dam toe spoel!
Nou kort ons 'n paar dae goeie sonskyn vir grasgroei en beeskos produseer.

Email  
Re: Mid - Vrystaatse droogte

Die rooigras het darem so bietjie uitgestoot saam met n lang spriet wat nie te versmaai is nie, maar ons gaan n moeilike winter met weinig kos in. Mens kan dit sien op die veilings waar speenkallers vroeg van die mas weggevat word om die koeie te begin spaar. Ek kry die idee dat die droogte [ reen op verkeerde tye ] effe wyer ervaar word as net hier by ons.
En die eerste ryp is binne die volgende week of twee.

Email  
Re: Mid - Vrystaatse droogte

Ons het nog steeds nie ryp gehad nie - die winter kom rustig en geleidelik ingestoot h/d jaar.
My rekord van eerste ryp datums lyk soos volg:
1999 : 19/4
2000 : 28/4
2001 : 7/5
2002 : 7/5
2003 : 27/5
2004 : 15/5
2005: 21/4
2006 : 23/4
2007 : 29/4
2008 : ??
So die winter begin eintlik laat. Dit spaar die koeie en gee meer tyd om die kallers weg te kry voerkrales toe - maar hulle span die tyd eers saam om die pryse in die begin, veral die weke na die eerste ryp, af te druk!
NAMPO h/d week!!

Email  
Re: Mid - Vrystaatse droogte

Die eerste "genuine" ryp vir 2008 was toe op 5 en 6 Junie 2008 - sommer lekker dik ryp.
Intussen het ons winterreen gekry. Sommer stortreen met hael vanaf Maandagaand 2/6/08 en veral Dinsdag 3/6/08.
Hier by ons is die weer regtig deurmekaar.
Daar is ook 'n sterk invloei in die Krugersdriftdam vanaf Woensdagaand - so 24 uur na die reen in die bolope by Thaba Nchu en Bfn.
Minus 2gr C en minus 1 gr C o/skeidelik gister en vanmore langs die Modderrivier by Soetdoringwildreservaat.

Email  
Re: Mid - Vrystaatse droogte

So -4grC vanmore by Soetdoring langs Krugersdriftdam.
En teen 08h30 in Bfn nog steeds 0grC.
Maar die somer kom! Ons is verby 22 Junie - net jammer die son draai eers regtig - soos in vroeere sonsopkoms - teen einde Julie volgens my ondervinding.

Email  
Re: Mid - Vrystaatse droogte

Vanmore -5C gehaal hier by ons volgens die min/maks termometer.
Teen 08h00 was dit nog -3C in die koelte onder 'n olienhout.
Met selfs die lammers met 'n ryplaag op die rug {wolledos } terwyl hulle rondspeel.

Email  
Re: Mid - Vrystaatse droogte

Saterdagggend was dit -6C in ons omgewing. En -7C in die dippie voor Soutpan se kerk.
"Come on summer".
Volgens die geskrifte begin die son h/d week terug te draai. Stadig, maar teen einde Julie behoort die son al 07h00 op te kom.

Email  
Re: Mid - Vrystaatse droogte

Alweer so -3C vanmore net voor sonop.
Maar die goeie nuus is dat die sonopkoms al pertinent geskuif het vanaf 07h12 tot 07h03.
Come on summer!!
En teen die rivier het ek die eerste wilger gesien wat al 'n groen bot uitstoot.

Email  
Re: Mid - Vrystaatse droogte

Vanmore was sonop by ons net mooi 06h54.
Die sonnetjie sal die koue frontjie al alle hel kan gee.

Email  
Re: Mid - Vrystaatse droogte

Het aan jou gedink Saterdagnag toe ek die maan en die eclipse so bekyk
Johannesburg is droog en vuil en die besoedeling is soos 'n wolkombers wat ons nie kan afskud nie.
Maar ek dink by julle moet die droogte nou baie erg wees en die stof is seker so dik soos ons besoedeling.
Sterkte
Elvina

Re: Mid - Vrystaatse droogte

Sonop nou al so 06:45. En vlg Weg [tydskrif ] is sonop oor 'n maand al 06:15.
Elvina,
As dinge op sy slegste is, is hy weer naby aan terugdraai. Siklusse werk so.
So dis nou kurkdroog en enige windjie tel die rooi stowwe op vir sulke kenmerkende rooi stof Vrystaatse lentedae. Dan lyk dit mos of die boere hulle plase vir die Landbank terug faks.
So dis "lieflik" lente, maar...

Email  
Re: Mid - Vrystaatse droogte

Dis nou al goed in November in en die mid-Vrystaatse droogte duur voort. Die naweek van 26 Oktober het daar plek - plek tot 30mm gereen - en dit was basies die eerste noemenswaardige reen in die kol gewees sedert April/Mei.Meeste dele het nog nie reen gehad nie. Ons benodig nou opvolg op Oktober se los buie.
Ek hoor wyd van koeie wat na kalf nie krag het vir opstaan nie - en keelaf gesny word!
Krugersdriftdam staan op 13%!
Met lusern se prys algemeen steeds op R65 'n baal agv voer tekort - en bitter min veld oor na die winter.
"In fact" lyk dit nog soos winter hier.
Hoop om binnekort meer positief te kan berig.

Re: Mid - Vrystaatse droogte

Sjoeka, darem so 'n 15mm lafenis Sondagmiddag gekry, na 'n stofstorm. En ek hoor van sterker buie Thaba Nchu se kant toe. Dis in die Modderrivier se opvangsgebied so die kuile bo Krugersdriftdam kan dalk vol loop! Dit neem so 24hr vir water van daar af om tot by die Bultfontein pad te kom.

Re: Mid - Vrystaatse droogte

Lieflike reen gekry vanaf Sondagmiddag. En die Modderrivier is sedert Maandagmiddag nog steeds in so 'n klein vloedjie. Dit gaan die vlak van die Krugersdriftdam sommer taamlik lig.
Die massas Azolla-varing het sommer sulke kilometerslange plate afgespoel.
Verdere reen gaan lang gras en baie kos beteken!

Re: Mid - Vrystaatse droogte

Laasjaar @ einde Desember het ons 240mm gehad ( uit 'n totaal van 339mm einde van die reenseisoen - wat so 68% van die omgewing se jaarlikse gemiddeld was).
H/d jaar het ons so gekry:
Sept 0
Okt 40
Nov 100
Des 9
Totaal: 149
So dis 100mm minder as laasjaar. En teen helfte van die reenseisoen verby, is dit maar 30% van die gem. sover.
Eergister so 'n rooi Vrystaatse stofstormdag gehad wat windpompe breekwaai!
En ek sien daar's nog min droeeland mielies geplant - en dis al verby Dingaansdag.
Ons is definitief in 'n droee siklus.

Re: Mid - Vrystaatse droogte

Bloemfontein / Welkom se gem. reenval oor 30jr. is rondom 70mm. H/d jaar het net so 13mm geval.
Die weiding wat na November 2008 se reen so mooi aangekom het, raak nou weggebrand.

Re: Mid - Vrystaatse droogte

Vrydagmiddag 2 Jan.2009 darem so 'n 15mm lafenis onverwags.

Re: Mid - Vrystaatse droogte

Gister, Dinsdag 6/1/2009, nog 'n rooi stofstormdag in die mid/Wes-Vrystaat. Tipies midsomerdroogte (in 'n droogtesiklus!.) Maar hy's lus en gewillig om te reen - daar's net nie vog wat van midde-Afrika afbeweeg nie!

Re: Mid - Vrystaatse droogte

Lieflike sagte reenweer vandag hier in die mid - Vrystaat.
Dit "pule", maar nog nie "ke matla" nie.
Heerlik!

Re: Mid - Vrystaatse droogte

Die reen is nou eers verby hier by ons. Klink my dit was so tussen 30mm en 57 mm hier in die omgewing - maar sagte reen oor 'n 3 dae tydperk.
Maar ek hoor waaragtig van kolle so by die Jagersfonteinpad uit wat basies niks gekry het nie!

Re: Mid - Vrystaatse droogte

Ons het lieflike reenweer die afgelope week gehad.
Nou al so 25mm in Februarie nadat Januarie so 75mm opgelewer het.
En die veld lyk mooi - dit lyk of die rooigras nou op h/d laat stadium kos om die polle begin uitstoot. Laat, maar nodig.
Maar met die massas reen in die res van die land lyk dit na rekord oeste vir die mielieboere - so speenkalwers se pryse behoort na die oes teen Augustus / September 2009 mooi te styg - as dit nie ontplof nie!
Na die reens gaan dit goed met die boere.

Get your own FREE Forum today! 
Report Content ·  · Web Calendars   Counters & Site Stats   Free Blogs   Cheap Domains 
powered by Powered by Bravenet bravenet.com